Balmoral-kasteel

Balmoral-kasteel.

Balmoral-kasteel is ’n groot landgoedwoning in Aberdeenshire, Skotland. Die landgoed is in 1852 teen £30 000 deur koningin Victoria se man, prins Albert, gekoop en is steeds ’n gewilde koninklike somerwoning.

Die Balmoral-landgoed het deur die jare in die koninklike familie se besit uitgebrei tot meer as 20 000 hektaar.[1] Daar is tans 50 heeltydse en 50 tot 100 deeltydse personeellede.

  1. www.balmoralcastle.com

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search